6 Die Here sê: “In die tye wat kom, gaan Ek my mense bymekaarmaak.Dit sluit in die kreupeleswat in ballingskap is en dié wat Ek met rampe getref het.
7 Hulle is verswak en ver van hulle huise af, maar Ek sal hulle weer ’n sterk en magtige nasie maak.Ek, die Here, sal hulle Koning wees. Ek sal vir ewig in Jerusalemoor hulle regeer.
8 Jerusalem, veilige vesting vir God se mense,Ek sal jou mag herstel.Jerusalem sal weer soos vroeër die stad weeswaar die koning regeer.”
9 Maar waarom skreeu jy nou so benoud?Het jy dan nie ’n koning nie? Het jou raadgewers verdwyn?Angs het jou vasgegryp,soos ’n vrou wat in kraam is.
10 Mense van Jerusalem, ervaar pyn en benoudheidsoos ’n vrou in kraam! Julle sal die stad moet verlaat om op die oop velde te bly.Julle gaan binnekort in ballingskap na Babel toe geneem word.Maar die Here sal julle daar red.Hy sal julle verlos uit die mag van julle vyande.
11 Baie volke het hulle kragte teen jou saamgespan.Hulle soek jou bloeden is gretig om die ondergangvan Jerusalem te aanskou.
12 Maar hulle weet nie hoe die Here dink nie en verstaan nie sy planne nie.Hy gaan hulle bymekaarmaaksoos gerwe op die dorsvloer.