1 Betlehem-Efrata, jy is ’n klein dorpie in Juda.Tog sal daar uit jouvir My ’n regeerder kom wat oor Israel sal heers.Sy oorsprong is uit die verre verlede.
2 Hy sal die mense van Israeluitlewer totdat die vrou wat verwag,geboorte gee.Eers dan sal sy volksgenote terugkeer na die land van Israel.
3 Hy sal oor sy kudde regeer met die krag van die Hereen die magtige Naam van die Here sy God.Sy volk sal dan veilig kan woon, want hy sal deurdie hele wêreld geëer word.
4 Hy sal die bron van vrede wees.Wanneer Assirië ons land binneval en deur ons verdediging bars, sal ons meer as sewe herders,selfs agt leiersteen hulle laat veg.
5 Hulle sal Assirië met die swaard regeer,die land Nimrod by sy ingange. Hy sal ons red van die Assiriërs as hulle ons grense oorsteeken ons land binneval.
6 Die mense van Israel wat oorbly,sal tussen die talle volke weessoos dou wat die Here stuur.Hulle sal wees soos reënwat op die gras val. Geen mens het beheer daaroor nie.