3 Hy sal oor sy kudde regeer met die krag van die Hereen die magtige Naam van die Here sy God.Sy volk sal dan veilig kan woon, want hy sal deurdie hele wêreld geëer word.
4 Hy sal die bron van vrede wees.Wanneer Assirië ons land binneval en deur ons verdediging bars, sal ons meer as sewe herders,selfs agt leiersteen hulle laat veg.
5 Hulle sal Assirië met die swaard regeer,die land Nimrod by sy ingange. Hy sal ons red van die Assiriërs as hulle ons grense oorsteeken ons land binneval.
6 Die mense van Israel wat oorbly,sal tussen die talle volke weessoos dou wat die Here stuur.Hulle sal wees soos reënwat op die gras val. Geen mens het beheer daaroor nie.
7 Dié van Israel wat oorbly, sal soos ’n sterk leeu tussen die talle volke wees.Die ander volke sal wees soos hulpelose skape, niemand sal hulle kom red nie.
8 Israel sal teen hulle teenstanders in opstand kom,hulle sal al hulle vyande uitroei.
9 Die Here sê: “In dié tyd sal Ekook al jou perde en jou strydwaens vernietig.