1 Luister wat die Here sê:“Staan op en stel jou saak terwyl die berge en die heuwels na jou luister.
2 Berge, vaste fondamente van die aarde, luister na die klag van die Here! Die Here maak ’n regsaak teen sy volk. Hy lê ’n klag teen Israel.
3 “My volk, wat het Ek julle aangedoen? Waarmee het Ek julle oorlaai?Antwoord My!
4 Ek het julle tog uit Egipte gebring,julle uit slawerny gered.Ek het Moses, Aäron en Mirjam gestuur om julle te help.
5 My volk, onthou julle nie hoe koning Balak van Moabprobeer het om ’n vloek op julle te plaas nie? In plaas daarvan het Bileam, Beor se seun, julle geseën.Verder, onthou julle julle reis van Sittim af Gilgal toe? Ek, die Here, het alles in myvermoë gedoen om julle van my getrouheid te leer.”
6 As ’n mens kom om die Herete aanbid, wat moet jy saambring? Moet ons God aanbid deur jaaroud kalwers te offer?