4 Ek het julle tog uit Egipte gebring,julle uit slawerny gered.Ek het Moses, Aäron en Mirjam gestuur om julle te help.
5 My volk, onthou julle nie hoe koning Balak van Moabprobeer het om ’n vloek op julle te plaas nie? In plaas daarvan het Bileam, Beor se seun, julle geseën.Verder, onthou julle julle reis van Sittim af Gilgal toe? Ek, die Here, het alles in myvermoë gedoen om julle van my getrouheid te leer.”
6 As ’n mens kom om die Herete aanbid, wat moet jy saambring? Moet ons God aanbid deur jaaroud kalwers te offer?
7 Sal dit vir die Hereaanvaarbaar weesas ons duisende ramme offerof tienduisende strome olyfolie aanbied? Sal dit Hom bly maak as ons ons oudste kinders offer om te vergoed vir ons sonde?
8 Nee, Hy het reeds gesê wat reg is. Die Here verwag van julleom reg te laat geskied,om liefde en trou te bewys, en om nederig voor God te lewe.
9 Jerusalem, luister na die Here! Verstandige mense respekteer die Here se Naam. “Neem kennis:van die straf en wie dit veroorsaak.
10 Gaan julle ooit ophouom deur kullery ryk te word? In die huise van die oneerlike mense is vals maatbakke en -bekers.