1 Dit gaan ellendig met my! Ek voel soos iemand in ’n vrugteboord nadat die oes al afgepluk is. Daar het nie ’n trossie druiwe of ’n enkele vy oorgeblywat my honger kan stil nie.
2 Al die gelowige mense het verdwyn.’n Mens kry nie meer eerlike mense nie. Hulle is almal moordenaars, hulle stel vernietigende strikke vir hulle eie mense.
3 Hulle hande staan vir niks verkeerdas dit by verkeerd doen kom nie.Die amptenare eis omkoopgeld net soos die regters.Mense in belangrike posisies maak hulle wense bekend, sweer met hulle saamen verdraai dan die reg.
4 Die bestes onder hulleis soos ’n gifplant,die eerlikstes soos ’n bosmet gevaarlike dorings.Maar die dag van afrekeningis baie naby.Dit sal ’n tyd van groot chaos wees.
5 Tel jou woorde!Moet niemand vertrou nie,nie eers ’n beste vriend of selfs jou vrou of man nie.
6 ’n Seun sal sy pa verag. ’n Dogter sal opstandig wees teen haar ma en ’n skoondogter teen haar skoonma.Jou vyande sal in jou eie huis wees!