13 Maar die aarde sal leeg en verlate wees as gevolg van wat die inwoners gedoen het.
14 Kom lei u volk soos ’n herder,die kudde wat aan U behoort!Hulle wei alleen in ’n bos in Karmel.Laat hulle weer soos vroeër weitot in Basan en Gilead.
15 “Ek sal hulle weer wonders laat sien soos toe Ek hulle uit Egipte uitgelei het.”
16 Die nasies van die wêreld sal verbaas staan oor wat die Herevir julle sal doen. Hulle sal skaam kryoor hulle kragteloosheid. Hulle sal stomverbaas staan, hulle ore sal doof word.
17 Die volke sal dan besef dat hulle nikswerd is. Hulle sal soos slange oor die grond seil, soos kruipende gediertes op die aarde.Hulle sal bewend uit hulle skuilings na die Here ons God toe kom, bevrees en bang vir sy teenwoordigheid.
18 Wie is ’n God soos U?U vergewe sonde en straf nie die sondeof die oortredingsvan hulle wat oorgebly het nie.U bly nie vir altyd kwaad nie, maar is liefdevol en getrou.
19 U sal weer medelye hê met ons.U sal ons sonde onder u voete vertrap, dit weggooi in die diepte van die see!