5 Tel jou woorde!Moet niemand vertrou nie,nie eers ’n beste vriend of selfs jou vrou of man nie.
6 ’n Seun sal sy pa verag. ’n Dogter sal opstandig wees teen haar ma en ’n skoondogter teen haar skoonma.Jou vyande sal in jou eie huis wees!
7 Ek, daarenteen, sien met verwagting uit na wat die Here gaan doen.Ek wag in vertroue dat God my moet red. My God sal my verseker verhoor!
8 My vyande, julle moeniejulle oor my verlekker nie!Ek het geval, maar ek sal weer opstaan.Al sit ek nou in duisternis, die Here is ’n lig vir my.
9 Ek sal die straf van die Here verduur, want ek het teen Hom gesondig.As dit eers verby is, sal Hy my saak opneemteen my vyande.Hy sal reg aan my laat geskied. Hy sal weer lig in my lewe bringen ek sal sy regverdigheid sien.
10 Dan sal my vyande sien dat Hy aan my kant is. Hulle sal skaam kry omdat hulle my gespot het deur te sê: “Waar is die Here jou God?” Ek sal toekyk terwyl hulle soos modder op die strate vertrap word.
11 Israel, daar sal ’n tyd aanbreek wanneer julle julle stedesal herbou en julle grense sal uitbrei.