8 My vyande, julle moeniejulle oor my verlekker nie!Ek het geval, maar ek sal weer opstaan.Al sit ek nou in duisternis, die Here is ’n lig vir my.
9 Ek sal die straf van die Here verduur, want ek het teen Hom gesondig.As dit eers verby is, sal Hy my saak opneemteen my vyande.Hy sal reg aan my laat geskied. Hy sal weer lig in my lewe bringen ek sal sy regverdigheid sien.
10 Dan sal my vyande sien dat Hy aan my kant is. Hulle sal skaam kry omdat hulle my gespot het deur te sê: “Waar is die Here jou God?” Ek sal toekyk terwyl hulle soos modder op die strate vertrap word.
11 Israel, daar sal ’n tyd aanbreek wanneer julle julle stedesal herbou en julle grense sal uitbrei.
12 In dié tyd sal mense van verskillende lande kom om eer aan julle te bring.Hulle sal van Assirië af komtot by Matsor in Egipte,van Matsor af tot by die Eufraat,van see tot see en van berg tot berg.
13 Maar die aarde sal leeg en verlate wees as gevolg van wat die inwoners gedoen het.
14 Kom lei u volk soos ’n herder,die kudde wat aan U behoort!Hulle wei alleen in ’n bos in Karmel.Laat hulle weer soos vroeër weitot in Basan en Gilead.