2 Die Here is ’n God wat absolute lojaliteit vra.Hy is vol wraak en woede.Hy wreek Hom op al sy teenstandersen vernietig sy vyande.
3 Die Here word stadig kwaad,maar sy krag is groot.Hy laat skuldiges nie ongestraf nie.Hy kom in warrelwinde en storms, wolke is die stof onder sy voete.
4 Hy beveel, en oseane en riviere droog op,die groen weivelde vanBasan en Karmelverdroog, die botsels van Libanon verdor.
5 Berge skud in sy teenwoordigheiden die heuwels smelt weg. Hy laat die aarde bewe, so ook die wêreld en die mense wat dit bewoon.
6 Wie is bestand teen sy woede?Wie sal die gloed van sy toorn oorleef?Sy woede brand soos ’n vuur.Rotse verkrummel voor Hom tot stof.
7 Die Here is goed. In tye van nood is Hy ’n veilige vesting.Hy beskerm elke mens wat op Hom vertrou.
8 Maar Hy tref dié wat teen Hom in opstand komsoos ’n vloedgolf.Hy agtervolg sy vyandedie donkerte in.