8 Maar Hy tref dié wat teen Hom in opstand komsoos ’n vloedgolf.Hy agtervolg sy vyandedie donkerte in.
9 Hoekom beraam julle planne teen die Here?Hy sal dit op niks laat uitloop nie.Daar sal nie weer so ’n bedreiging kom nie.
10 Sy vyande is soos vervlegte dorings,soos slingerende dronkaards.Maar Hy sal hulle soos droë strooi verbrand.
11 Wie is hierdie koning van jullewat durf waag om bose planneteen die Here te beraam?
12 Die Here sê: “Selfs al het Assiriërsbaie bondgenote,hulle sal vernietig word en van die toneel af verdwyn. My volk, Ek het julle alreeds tevore gestraf, maar Ek sal dit nie weer doen nie.
13 Ek breek nou die juk wat julle onderdruken bevry julle van hulle oorheersing.”
14 Dit sê die Here vir die Assiriërs: “Julle sal nie kinders hê wat julle name laat voortleef nie.Al die beelde in julle afgodstempelssal Ek vernietig. Ek berei ’n graf vir julle voor,want julle is afstootliken verdien nie om te leef nie!”