1 Vyandelike leërs omsingel jou,Nineve!Beman julle wagposte!Hou die paaie dop!Wees slaggereed!Versterk jou met alle mag!
2 Die land Israel lê kaal geplunder, verwoes ná julle invalle.Maar die Here sal weerdie eer en roem van Israel herstel.
3 Die geveg teen Nineve begin.Die son blits rooi op die skilde.Helderrooi is hulle uniforms.Die son blink op die strydwaensgereed vir die geveg,en spiese word rondgeswaai.
4 Die strydwaens jaag roekeloos deur die strate en oor die pleine.Hulle flikker soos fakkels,en blits verby soos weerlig.