3 Die geveg teen Nineve begin.Die son blits rooi op die skilde.Helderrooi is hulle uniforms.Die son blink op die strydwaensgereed vir die geveg,en spiese word rondgeswaai.
4 Die strydwaens jaag roekeloos deur die strate en oor die pleine.Hulle flikker soos fakkels,en blits verby soos weerlig.
5 Die koning beveel sy offisiere,maar hulle struikel in hulle haas.Hulle jaag na die stadsmure om verdedigingslinies op te stel.
6 Te laat, die riviersluise is reeds oop!Die paleis stort weerloos inmekaar!
7 Nineve se ballingskap is seker, en die diensmeisies treur daaroor.Hulle kla soos duiwe wat koer,en gebroke slaan hulleop hulle bors.
8 Nineve is soos ’n lekkende opgaardam,die inwoners verdwyn daaruit!“Staan stil! Staan stil!” word hulle beveel,maar niemand draai om nie.
9 Steel die silwer, buit die goud!Daar is net nie ’n einde aan Nineve se skatte nie!Daar is oneindig baiekosbare voorwerpe!