5 Die koning beveel sy offisiere,maar hulle struikel in hulle haas.Hulle jaag na die stadsmure om verdedigingslinies op te stel.
6 Te laat, die riviersluise is reeds oop!Die paleis stort weerloos inmekaar!
7 Nineve se ballingskap is seker, en die diensmeisies treur daaroor.Hulle kla soos duiwe wat koer,en gebroke slaan hulleop hulle bors.
8 Nineve is soos ’n lekkende opgaardam,die inwoners verdwyn daaruit!“Staan stil! Staan stil!” word hulle beveel,maar niemand draai om nie.
9 Steel die silwer, buit die goud!Daar is net nie ’n einde aan Nineve se skatte nie!Daar is oneindig baiekosbare voorwerpe!
10 Die stad is leeggedra, kaalgestroop en verwoes. Harte smelt en knieë knak,hulle bene bewe,en almal se gesigte is bleek.
11 Waar is die lêplek van die leeus,die voerplek van die welpies?Waar is Nineve,die leeu van die nasies,wie se wyfie en welpies kon loop en sonder vrees gelewe het?