3 Ruiters kom aangejaag,swaarde blink en spiese blits.Daar is baie dooies, hope liggame,en mense struikel oor tallose lyke.
4 Nineve, die mooi en sedelose vrou,is die oorsaak hiervan,sy wat guns wen met haar betowering,wat volke verslaaf met haar onsedelikheid en families met haar toorkuns.
5 Die Here, die Almagtige, sê: “Ek is jou vyand! Ek sal jou rokke bo-oor jou gesig opligsodat die hele wêreld jou naaktheid en skande kan aanskou.
6 Ek sal jou met mis besmeer en jou verneder.Ek sal ’n bespotting van jou maak.
7 Almal wat jou sien, sal met afgryse wegdraai en sê:‘Nineve lê heeltemal verwoes, maar wie gee om?’Waar kry Ek iemand om jou te troos?”
8 Is jy enigsins beter as Tebes, gevestig aan die Nyl,’n stad omring met riviere, beskut met water aan alle kante?
9 Hulle bron van krag was Etiopië en Egipte,wat gelyk het of hullegeen einde het nie.Put en Libië was hulle bondgenote.