1 Vier maande later, nog in die twintigste jaar van koning Artasasta, was ek besig om wyn vir die koning te skink. Nooit tevore was ek so swaarmoedig in sy teenwoordigheid nie.
2 Die koning vra my toe: “Hoekom lyk jy so hartseer? Jy is mos nie siek nie. Jy lyk diep bekommerd.”Toe het groot vrees my beetgepak,
3 maar ek het geantwoord: “Mag die koning lank lewe! Ek het rede om hartseer te wees. Die stad waar my voorouers begrawe lê, is verwoes. ’n Vuur het ook die poorte afgebrand.”
4 Toe vra die koning: “Hoe kan ek jou help?” Ek bid toe tot die God van die hemel,
5 en antwoord die koning: “As dit reg is met u, en u is tevrede met my as u dienskneg, stuur my dan na Juda toe. Ek sal dan kan gaan na die stad waar my voorouers begrawe lê, en dit herbou.”
6 Die koning, met die koningin wat langs hom sit, vra toe: “Hoe lank sal jy weg wees? Wanneer sal jy terugkom?” Nadat ek vir hom ’n aanduiding van die tyd gegee het, het die koning ingestem om my te stuur.