5 en antwoord die koning: “As dit reg is met u, en u is tevrede met my as u dienskneg, stuur my dan na Juda toe. Ek sal dan kan gaan na die stad waar my voorouers begrawe lê, en dit herbou.”
6 Die koning, met die koningin wat langs hom sit, vra toe: “Hoe lank sal jy weg wees? Wanneer sal jy terugkom?” Nadat ek vir hom ’n aanduiding van die tyd gegee het, het die koning ingestem om my te stuur.
7 Ek het ook vir die koning gesê: “As u dit goedvind, gee vir my briewe saam vir die goewerneurs van die provinsie wes van die Eufraatrivier. Beveel hulle om my veilig deur hulle gebiede te laat trek op pad na Juda toe.
8 Gee my ook asseblief ’n brief vir Asaf, die toesighouer van die staatsbos. Beveel hom om hout aan my te voorsien. Ek het dit nodig vir die balke van die deure van die vesting wat by die tempel is, vir die stadsmure en die huis waarin ek sal woon.” Die koning het hierdie versoeke toegestaan, want God was my goedgesind.
9 Met my aankoms by die provinsie wes van die Eufraatrivier het ek die briewe van die koning aan die goewerneurs oorhandig. Vir my beskerming het die koning ook offisiere en ruiters saamgestuur.
10 Maar toe Sanballat die Goroniet en Tobija die Ammonitiese amptenaar van my aankoms te hore kom, was hulle baie kwaad dat iemand van plan was om die Israeliete te help.
11 Drie dae ná my aankoms in Jerusalem