1 Dit is wat Obadja gesien het: Die oppermagtige Here sê die volgende oor die land Edom.Ons het ’n boodskap gehoor wat van die Here af kom. ’n Verteenwoordiger is na die nasies gestuur om te sê: “Maak julle almal slaggereed! Kry julle leërs bymekaar en laat ons Edom aanval!”
2 Die Here sê: “Edom, Ek maak jou’n klein volkie onder die nasies. Jy sal niksseggend en veragtelik wees.
3 Jy is hooghartig omdat jy in ’n klipvesting woon en jou blyplek hoog in die berge is. Vol hoogmoed vra jy: ‘Wie sal ons ooit hierbo kan bereik?’ Maar moenie jouself bedrieg nie!
4 “Ek, die Here, sê: Al sweef jy so hoog soos arende en bou jy neste tussen die sterre,Ek sal jou met ’n slag aarde toe bring.
5 As diewe in die nag inbreek, vat hulle nie alles nie. Die mense wat druiwe pluk, los van die trossies oor. Maar jou vyande sal jou heeltemal uitwis!
6 Elke hoek en kant van Edom sal deursoek word. Alles wat waardevol is, sal gevat word.