1 Dit is wat Obadja gesien het: Die oppermagtige Here sê die volgende oor die land Edom.Ons het ’n boodskap gehoor wat van die Here af kom. ’n Verteenwoordiger is na die nasies gestuur om te sê: “Maak julle almal slaggereed! Kry julle leërs bymekaar en laat ons Edom aanval!”
2 Die Here sê: “Edom, Ek maak jou’n klein volkie onder die nasies. Jy sal niksseggend en veragtelik wees.
3 Jy is hooghartig omdat jy in ’n klipvesting woon en jou blyplek hoog in die berge is. Vol hoogmoed vra jy: ‘Wie sal ons ooit hierbo kan bereik?’ Maar moenie jouself bedrieg nie!
4 “Ek, die Here, sê: Al sweef jy so hoog soos arende en bou jy neste tussen die sterre,Ek sal jou met ’n slag aarde toe bring.
5 As diewe in die nag inbreek, vat hulle nie alles nie. Die mense wat druiwe pluk, los van die trossies oor. Maar jou vyande sal jou heeltemal uitwis!
6 Elke hoek en kant van Edom sal deursoek word. Alles wat waardevol is, sal gevat word.
7 Al jou bondgenote sal teen jou draai. Hulle sal help om jou uit jou eie land te verjaag. Hulle maak beloftes van vrede terwyl hulle jou ondergang beplan. Mense wat van jou afhanklik was, sal vir jou ’n lokval stel sonder dat jy enigiets vermoed.”