12 Wysheid beskerm jou soos geld beskerming bied.Maar die voordeel van kennis is dat wysheid die lewe van hom wat dit besit,beskerm.
13 Kyk hoe God te werk gaan: Wie kan iets reguit maak wat Hy krom gemaak het?
14 Geniet die dag van voorspoed.Maar wanneer teëspoed kom, onthou, God gee die eensowel as die andersodat die mens nie sal weet wat met hom sal gebeur nie.
15 In my lewe van sinloosheid het ek alles gesien:Die regverdige gaan dood, al doen hy wat reg is;’n bose mens geniet ’n lang lewe, al doen hy verkeerd.
16 Moenie te regverdig lewe nie. Moenie aanspraak maak op meer wysheid as wat jy het nie.Hoekom wil jy jouself vernietig?
17 Moet ook nie te goddeloos lewe nie.Moenie ’n dwaas wees nie!Hoekom moet jy voortydig doodgaan?
18 Dit is goed om een vas te hou en die ander nie te los nie.Hy wat vir God respekteer,ontkom aan albei.