33 Jefta het die Ammoniete verpletterend verslaan van Aroër af tot waar ’n mens by Minnit kom, altesaam twintig stede. By Abel-Keramim was daar ’n groot slagting. Die Ammoniete is aan die Israeliete onderwerp.
34 Jefta is terug na sy huis in Mispa. Sy enigste dogter het hom met tamboeryne en koordanse kom ontmoet. Hy het nie nog ander kinders gehad nie.
35 Toe hy haar sien, het hy sy klere geskeur. Hy het uitgeroep: “Ag tog, my dogter, my hart is stukkend. Jy het my in die ellende gedompel. Ek het aan die Here ’n gelofte gemaak en ek kan dit nie terugtrek nie.”
36 Sy het vir hom gesê: “Pa, jy het ’n gelofte aan die Here gemaak. Doen met my wat Pa beloof het. Die Here het vir Pa ’n oorwinning oor jou vyande, die Ammoniete, gegee.”
37 Sy het ook vir hom gevra: “Laat my asseblief toe om vir twee maande na die heuwels toe te gaan. Ek wil daar saam met my vriendinne gaan treur omdat ek as ’n maagd moet sterf.”
38 Hy het vir haar gesê: “Jy kan gaan.” Hy het haar twee maande lank weggestuur. Sy het saam met haar vriendinne die heuwels ingegaan en daar gaan treur omdat sy nooit kinders sou hê nie.
39 Aan die einde van die twee maande het sy teruggekom na haar pa toe. Hy het met haar gemaak soos hy belowe het. Sy het nooit aan ’n man behoort nie. Dit het in Israel ’n instelling geword