15 Toe sê Manoag vir die Engel van die Here: “Wag ’n bietjie hier. Ek wil vir jou ’n bokkie gaan gaarmaak om te eet.”
16 “Ek sal hier wag,” sê die Engel van die Here vir Manoag. “Maar Ek sal niks eet nie. Jy kan wel ’n brandoffer gereedmaak en dit vir die Here bring.” Manoag het nie agtergekom dat dit die Engel van die Here was nie.
17 Manoag vra toe vir die Engel: “Wie is jy? Wanneer dit gebeur soos jy gesê het, wil ons graag jou naam vereer.”
18 Hy het vir Manoag geantwoord: “Hoekom wil jy weet wie Ek is? Dit is te groot vir jou.”
19 Manoag het toe ’n bokkie gereed gekry en dit saam met ’n graanoffer op ’n klip vir die Here geoffer. Terwyl Manoag en sy vrou so staan en kyk, het iets wonderliks gebeur.
20 Toe die vlamme uit die altaar opskiet die lug in, het die Engel van die Here in die vlamme opgestyg. Toe Manoag en sy vrou dit sien, het hulle vooroor met hulle gesigte teen die grond neergeval.
21 Manoag en sy vrou kon die Engel nie meer sien nie. Manoag het toe besef dat dit eintlik die Engel van die Here was.