1 Simson het afgegaan na Timna toe. Hy het daar ’n Filistynse meisie gesien.
2 Toe hy teruggaan, het hy sy ouers van haar vertel: “Ek het in Timna ’n Filistynse meisie gesien. Gaan kry haar dat ek met haar kan trou.”
3 Sy ouers vra toe vir hom: “Is daar nie iemand tussen die mense van jou stam of onder jou volksgenote met wie jy kan trou nie? Moet jy nou onder die heidense Filistyne ’n vrou vat?” Simson het vir sy pa gesê: “Kry haar vir my. Ek wil haar hê.”
4 Sy ouers het nie agtergekom dat dit eintlik van die Here af gekom het nie. Die Filistyne het op daardie stadium oor Israel geheers. God het na ’n geleentheid gesoek om iets aan die Filistyne te doen.