17 Elke keer as hy by haar kom, het sy begin neul. So het dit die res van die tyd van die fees gegaan. Op die sewende dag het hy vir haar die oplossing gegee, want sy wou hom nie met rus laat nie. Sy het toe die oplossing vir haar mense gegee.
18 Net voor sononder op die sewende dag het die mense van die stad vir Simson die antwoord kom gee: “Wat is daar wat soeter is as heuning? En wat is daar wat sterker is as ’n leeu?” Simson sê toe vir hulle: “As julle nie met my kalf geploeg het nie, sou julle nooit die antwoord op my raaisel kon kry nie!”
19 Die Gees van die Here het in Simson gekom. Hy het afgegaan na Askelon en 30 van hulle mans doodgeslaan. Hy het hulle besittings afgevat en daaruit 30 stelle klere gevat vir die mans wat die raaisel uitgelê het. Hy was briesend. Hy is toe terug na sy pa se huis toe.
20 Simson se strooijonker het toe met die vrou getrou.