9 Hy het met sy hand van die heuning uitgehaal en langs die pad daaraan loop en eet. Hy het ook vir sy ouers daarvan gegee. Hulle het ook daarvan geëet, maar nie geweet dat hy die heuning uit die leeu se karkas gehaal het nie.
10 Sy pa is na die vrou se huis toe om reëlings te tref. Soos dit destyds die gewoonte was onder die jong mans, het Simson ’n onthaal gehou.
11 Toe hulle hom sien, het haar ouers30 Filistynse jong mans na die fees uitgenooi.
12 Simson het vir hulle gesê: “Ek wil julle graag ’n raaisel vra. As julle binne die sewe dae van die fees vir my kan sê wat dit beteken, sal ek vir julle 30 hemde en 30 stelle klere gee.
13 As julle dit nie kan oplos nie, gee julle vir my 30 hemde en 30 stelle klere.” Hulle stem toe in: “Goed, laat ons jou raaisel hoor.”
14 Simson sê toe vir hulle: “Uit een wat eet, kom daar iets om te eet. Uit een wat sterk is,kom daar iets wat soet is.”Teen die derde dag kon hulle nog nie sê wat dit beteken nie.
15 Op die vierde dag sê hulle vir Simson se vrou: “Oorreed jou man om die oplossing van die raaisel vir ons te gee. Anders sal ons jou doodmaak en jou pa se huis met vuur verbrand. Het jy ons uitgenooi om ons te verarm?”