24 My dogter is nog ’n maagd. Ek sal haar en die man se byvrou vir julle bring. Maak met hulle wat julle wil, maar moenie so iets viesliks met hierdie man doen nie.”
25 Die mans wou nie na hom luister nie. Die Leviet gryp toe sy byvrou en stoot haar uit op straat. Hulle het haar dwarsdeur die nag verkrag tot die volgende oggend toe. Eers toe dit begin lig word, het hulle haar gelos.
26 Die vrou het met dagbreek teruggekom by die huis waarin haar man was. Sy het by die deur bly lê tot dit helder lig was.
27 Toe haar man die oggend opstaan om verder te reis en die huis se deur oopmaak, lê sy byvrou daar in die deur met haar hande op die drumpel.
28 Hy sê toe vir haar: “Staan op dat ons kan aangaan.” Sy het hom nie geantwoord nie. Hy het haar op ’n donkie getel en is met haar verder na sy huis toe.
29 Terug by die huis het hy ’n mes gevat en sy byvrou se liggaam in twaalf stukke opgesny. Hy het een stuk na elke stam in Israel gestuur.
30 Elkeen wat dit gesien het, het gesê: “So iets het nog nooit gebeur sedert Israel uit Egipte weg is tot nou toe nie. Ons moet ernstig hieroor nadink. Kom laat ons koppe bymekaarsit om iets hieraan te doen.”