32 Jy en die mense saam met jou moet vannag kom en in die veld gaan wegkruip.
33 As die son môre-oggend opkom, moet jy die stad bestorm. Wanneer hy en die mense by hom met jou kom veg, kan jy met Gaäl maak wat jy wil.”
34 Abimelek het gedurende die nag op vier plekke rondom Sigem gaan wegkruip.
35 Gaäl, die seun van Ebed, het uitgekom en by die stadspoort gaan staan. Abimelek en sy manne het uit hulle wegkruipplek gekom.
36 Gaäl het die mense gesien. Hy het vir Sebul gesê: “Kyk, daar is mense wat besig is om van bo van die heuwels af te kom.” Sebul sê toe vir hom: “Dis die skaduwees van die heuwels wat vir jou soos mense lyk.”
37 Gaäl het toe weer vir hom gesê: “Nee, kyk mooi, daar is mense wat van die hoogste punt van die land af kom. ’n Ander groep is aan die kom uit die koers van die waarsêersboom.”
38 Toe sê Sebul vir hom: “Waar is jou groot mond nou? Jy het mos gesê: ‘Wie is Abimelek dan dat ons na hom moet luister?’ Hulle wat daar aankom, is mos die mense oor wie jy soveel te sê gehad het. Trek nou uit en gaan veg teen hom!”