1 Sefanja was die seun van Kusi, wat weer die seun van Gedalja was. Gedalja was die seun van Amarja, en hy was weer die seun van Hiskia. Die Here het boodskappe vir Sefanja gegee toe Josia, die seun van Amon, koning van Juda was.
2 Die Here sê: “Ek gaan alles op aarde wegneem:
3 mens en dier,die voëls van die hemelen die visse in die see.Ek laat die goddeloses struikelen vee hulle van die aarde af.Ek, die Here, sê so!
4 Juda en die inwoners van Jerusalemgaan Ek straf.Ek gaan elke greintjie wat oor isvan die Baälaanbidding vernietig:die bestaan van die afgodspriestersen hulle priesterskap;
5 die mense wat op hulle dakke gaanen buig om die sterre te aanbid;die mense wat belowe om trou te weesaan die Here,maar terselfdertyd trou bewysaan Molek.