12 In dié tyd sal Ek in Jerusalemal die donker hoekiesmet lampe deursoek na hullewat so selftevrede in sonde lewe.Ek sal hulle straf! Hulle dink mos:‘Die Here doen niks nie,nie goed of sleg nie.’
13 Maar die vyand sal juis hierdie mensese besittings plunderen hulle huise verwoes.Hulle sal nie die voorreg genietom hulle nuwe huise te bewoon nie.Hulle sal ook nie drink van die wynvan die wingerdewat hulle aangeplant het nie.
14 “Die verskriklike Dag van die Hereis naby.Die dag sal in ’n oogwink aanbreek.Bitter uitroepe sal opklink,dapper mans sal huil.
15 Dan sal Hy sy woede uitstort:’n Tyd van swaarkry en angs.’n Tyd van verwoesting en vernietiging.Dis ’n donker, uitsiglose tyd,soos ’n swaar bewolkte dag,
16 ’n tyd van trompetgeskalen oorlogskrete wat weerklinkoor versterkte stede en vestingtorings.
17 “Ek bring benoudheid oor julle.Julle sal loop soos blindeswat pad soekomdat julle teen My, die Here,gesondig het.Julle bloed sal uitgegiet wordsoos stof, julle ingewande soos mis.”
18 Die dag wanneer die Heresy woede wys,sal julle silwer en goudvan geen nut vir julle wees nie.Die vuur van sy ywersal die hele land verteer.Hy maak ’n skielike eindeaan alle mense op die aarde!