3 mens en dier,die voëls van die hemelen die visse in die see.Ek laat die goddeloses struikelen vee hulle van die aarde af.Ek, die Here, sê so!
4 Juda en die inwoners van Jerusalemgaan Ek straf.Ek gaan elke greintjie wat oor isvan die Baälaanbidding vernietig:die bestaan van die afgodspriestersen hulle priesterskap;
5 die mense wat op hulle dakke gaanen buig om die sterre te aanbid;die mense wat belowe om trou te weesaan die Here,maar terselfdertyd trou bewysaan Molek.
6 Ek gaan ook die mense vernietigwat My altyd aanbid het,maar dit nou nie meer doen nie. Hulle stel nie meer in die Here belang of raadpleeg Hom nie.”
7 Wees stil in die teenwoordigheidvan die oppermagtige Here,want die Here se oordeelsdag is naby.Die Here berei ’n offerfees voor,sy gaste het Hy reeds voorberei.
8 Die Here sê:“Op die dag van die offerfeessal Ek die leiers en die prinse straf.Ek sal ook die mense strafwat heidense gewoontes navolg.
9 Op dié dag sal Ek die mense strafwat deelneem aan heidense praktyke.Dit sluit mense in wat ander bedriegen geweld aandoensodat die huise van hulle meestersvol gemaak word met buit.”