4 Juda en die inwoners van Jerusalemgaan Ek straf.Ek gaan elke greintjie wat oor isvan die Baälaanbidding vernietig:die bestaan van die afgodspriestersen hulle priesterskap;
5 die mense wat op hulle dakke gaanen buig om die sterre te aanbid;die mense wat belowe om trou te weesaan die Here,maar terselfdertyd trou bewysaan Molek.
6 Ek gaan ook die mense vernietigwat My altyd aanbid het,maar dit nou nie meer doen nie. Hulle stel nie meer in die Here belang of raadpleeg Hom nie.”
7 Wees stil in die teenwoordigheidvan die oppermagtige Here,want die Here se oordeelsdag is naby.Die Here berei ’n offerfees voor,sy gaste het Hy reeds voorberei.
8 Die Here sê:“Op die dag van die offerfeessal Ek die leiers en die prinse straf.Ek sal ook die mense strafwat heidense gewoontes navolg.
9 Op dié dag sal Ek die mense strafwat deelneem aan heidense praktyke.Dit sluit mense in wat ander bedriegen geweld aandoensodat die huise van hulle meestersvol gemaak word met buit.”
10 Die Here sê ook:“Op dié dag sal hulpkrete opgaanby die Vispoortwat tot by die nuwer deel van die stadsal weerklink.Harde knalslaesal vanuit die heuwels opklink.