7 Wees stil in die teenwoordigheidvan die oppermagtige Here,want die Here se oordeelsdag is naby.Die Here berei ’n offerfees voor,sy gaste het Hy reeds voorberei.
8 Die Here sê:“Op die dag van die offerfeessal Ek die leiers en die prinse straf.Ek sal ook die mense strafwat heidense gewoontes navolg.
9 Op dié dag sal Ek die mense strafwat deelneem aan heidense praktyke.Dit sluit mense in wat ander bedriegen geweld aandoensodat die huise van hulle meestersvol gemaak word met buit.”
10 Die Here sê ook:“Op dié dag sal hulpkrete opgaanby die Vispoortwat tot by die nuwer deel van die stadsal weerklink.Harde knalslaesal vanuit die heuwels opklink.
11 Inwoners van die markplek, huil!Want almal sal sterfwat daar koop en verkoop.
12 In dié tyd sal Ek in Jerusalemal die donker hoekiesmet lampe deursoek na hullewat so selftevrede in sonde lewe.Ek sal hulle straf! Hulle dink mos:‘Die Here doen niks nie,nie goed of sleg nie.’
13 Maar die vyand sal juis hierdie mensese besittings plunderen hulle huise verwoes.Hulle sal nie die voorreg genietom hulle nuwe huise te bewoon nie.Hulle sal ook nie drink van die wynvan die wingerdewat hulle aangeplant het nie.