6 Die kusgebied sal ’n weiveld wees,’n kampplek vir herders,en ’n skuiling vir skape.”
7 Dit sal ook ’n weiplek weesvir die oorblyfsel van Juda.In die aand sal die huise van Askelonhulle rusplekke wees.Die Here hulle God sal vir hulle sorgen hulle weer voorspoedig maak.
8 “Ek het gehoor hoe Moabverkleinerend praat,en hoe die Ammonietedie spot dryf.Hulle het my volk vernederen hulle grondgebied bedreig.
9 “Daarom,” sê die Here, die Almagtige, die God van Israel,“sowaar as wat Ek lewe,Moab sal word soos Sodomen Ammon soos Gomorra.Hulle lande sal vol onkruiden soutpanne wees,’n woesteny vir altyd.Dié van my volk wat oorleef het,sal hulle beroof.Die oorblyfsel van my volksal hulle land inneem.”
10 Dit is wat hulle kryin ruil vir hulle verwaandheid,want hulle het my volk verkleineeren beledig,sê die Here, die Almagtige.
11 Vir hulle sal die Here’n verskrikking wees,want al die gode in die landvernietig Hy.Mense uit alle dele van die wêreld,elkeen in hulle eie land,sal voor Hom neerbuig en Hom aanbid.
12 “Kussiete,” sê die Here, “ook jullesal Ek doodmaak met my swaard.”