10 Selfs my volk wat verstrooi istot oorkant die riviere van Etiopiësal kom om vir My offers te bring.
11 Dan hoef julle nie langerskaam te wees vir wat julle gedoen het toe julle teen Myin opstand gekom het nie.Ek sal ontslae raak van hoogmoedigesen arrogante mense onder julle.Julle sal nie meer vol verwaandheidop my tempelberg aanbid nie.
12 Ek sal eenvoudiges en behoeftigesonder julle laat oorbly.Hulle sal op die Here vertrou.
13 Die mense van Israel wat oorbly,sal nie verkeerde dinge doen nie. Hulle sal nie leuens vertel nieen mekaar ook nie bedrieg nie.Hulle sal soos skape rustig weien gaan lê om te slaapsonder om vir iemand bang te wees.”
14 Sing, Jerusalem!Skree hard, o Israel!Wees bly en juig met oorgawe,dogter van Jerusalem!
15 Die Here sal julle nie meer straf nie.Hy sal julle vyande verdryf.Die Here is Koning van Israel.Hy is by julle.Julle hoef nie meer enige rampete vrees nie.
16 Daardie dag sal vir Jerusalemgesê word:“Moenie bang wees nie, Sion!Moenie moedeloos word nie.