6 “Ek het baie nasies uitgeroei,hulle verdedigingsmure vernietig.Ek het hulle strate so beskadigdat hulle onbegaanbaar is.Ek het hulle stede só verwoesdat geen inwoners oor is nie.Hulle is heeltemal verlate.
7 Ek het gedink:‘Nou sal hulle My eer en respekteer! Hulle sal my voorskrifte nou seker met erns beskou.Dan sou dit nie nodig weesom die stad weer te tref nie.’Maar die teendeel is waar.Hoe swaar Ek hulle ook al straf,met ywer gaan hulle voort om sondige dinge te doen.”
8 Maar nou sê die Here:“Wees geduldig,want die tyd breek aan vir Myom met regspraak te begin.Ek sal die nasies versamelen koninkryke bymekaarmaak.My toorn en brandende woedesal Ek oor hulle uitstort.Die hele aarde sal verteer worddeur die vuur van my woede.
9 “Dan sal Ek die volke’n suiwer taal geesodat hulle almal die Here aanroepen Hom saam aanbid.
10 Selfs my volk wat verstrooi istot oorkant die riviere van Etiopiësal kom om vir My offers te bring.
11 Dan hoef julle nie langerskaam te wees vir wat julle gedoen het toe julle teen Myin opstand gekom het nie.Ek sal ontslae raak van hoogmoedigesen arrogante mense onder julle.Julle sal nie meer vol verwaandheidop my tempelberg aanbid nie.
12 Ek sal eenvoudiges en behoeftigesonder julle laat oorbly.Hulle sal op die Here vertrou.