7 Kennis begin met eerbied vir die Here, net dwase verag wysheid en dissipline.
8 My seun, luisterna wat jou pa jou leer. Moenie wat jou ma vir jou sê in die wind slaan nie.
9 Wat jy by hulle leer, sal jou lewe met goedheid kroon en ’n versiering wees om jou nek.
10 My seun, as goddelose mense jou wil ompraat, moenie na hulle luister nie.
11 Hulle sal miskien vir jou sê: “Kom saam met ons! Kom ons gaan lê iemand voor en vermoor hom.Kom ons oorval iemand, al het hy niks aan ons gedoen nie.
12 Ons wil hulle lewendig laat verdwyn, net soos in ’n graf, soos gesonde mense wat in die dood wegsink.
13 Ons wil baie waardevolle dingebekom, ons huise vol maak met alles wat ons buit.