1 Die spreuke van Salomo.’n Kind wat verstandig is, maak sy pa bly. ’n Seun wat dwaas is, maak sy ma hartseer.
2 Goed wat onwettig verkry is, bring geen blywende voordeel nie. Om reg te lewe, red ’n mens van die dood.
3 Die Here laat regverdiges nie honger ly nie. Hy vervul nie die begeerte van die goddelose nie.
4 Mense wat lui is, word gou arm. Hulle wat fluks is, word ryk.
5 Die verstandige mens samel sy oes inin die somer. Hy wat in die oestyd slaap, bring skande oor homself.
6 Die regverdige word oorlaai met seëninge. Die slegte bedoelings van goddelosessteek hulle weg agter woorde.