11 Die woorde van die regverdige is soos ’n fontein van lewe. Die woorde van goddeloses steek geweld weg.
12 Haat bring rusie. Liefde bedek wat verkeerd gedoen is.
13 Iemand wat insig het, sê dinge wat verstandig is. Die een wat onverstandig is, kry slae.
14 Wyse mense versamel kennis. Dwase se gebabbel bring spoedig teëspoed.
15 Die ryke se eiendom gee vir hom beskerming. Armoede is die arm mens se ondergang.
16 Wat die regverdige verdien, gebruik hy om van te lewe. Wat die goddelose verdien,verkwis hy op oortredings.
17 Mense wat hulle laat reghelp, is op die pad na die lewe. Hulle wat teregwysing verwerp, laat ander verdwaal.