18 Wie sy haat agter woorde wegsteek, is ’n leuenaar. Hy wat skinderstories versprei, is ’n dwaas.
19 Meer woorde bring nie minder sonde nie.Hy wat sy woorde tel, is verstandig.
20 Die woorde van die regverdige is soos gekeurde silwer. Die gedagtes van die goddelose is min werd.
21 Die regverdiges bring lewe deur hulle woorde. Die dwase vernietig hulleself weens ’n gebrek aan gesonde verstand.
22 Dit is die Here se seën wat rykdom bring. Hy gee nie hartseer daarmee saam nie.
23 Dit is vir die dwaas lekker om verkeerd op te tree.Mense met insig geniet die wysheid.
24 Goddelose mense kom die dinge oor waarvoor hulle bang is. Die regverdige kry waarvoor hy gehoop het.