28 Die regverdiges kan vreugde verwag, maar goddeloses het geen hoop nie.
29 Wat die Here laat gebeur, versterk dié wat reg lewe. Dit vernietig egter hulle wat kwaad doen.
30 Die regverdige sal nooit wankel nie. Die goddeloses sal nie in die land bly woon nie.
31 Uit die mond van regverdiges kom wysheid. ’n Tong wat kwaad saai, sal afgesny word.
32 Die regverdige weet wat die gepaste dinge is om te sê. Wat die goddeloses sê, bring moeilikheid.