3 Die Here laat regverdiges nie honger ly nie. Hy vervul nie die begeerte van die goddelose nie.
4 Mense wat lui is, word gou arm. Hulle wat fluks is, word ryk.
5 Die verstandige mens samel sy oes inin die somer. Hy wat in die oestyd slaap, bring skande oor homself.
6 Die regverdige word oorlaai met seëninge. Die slegte bedoelings van goddelosessteek hulle weg agter woorde.
7 Dié wat reg lewe,sal lank onthou word. Hulle wat verkeerd gelewe het, sal gou vergeet word.
8 ’n Mens met verstand aanvaar bevele. Hulle wat onsin babbel, bereik niks.
9 Die een wat opreg lewe, lewe in veiligheid. Die een wat kronkelpaaie loop, kom tot ’n val.