4 Mense wat lui is, word gou arm. Hulle wat fluks is, word ryk.
5 Die verstandige mens samel sy oes inin die somer. Hy wat in die oestyd slaap, bring skande oor homself.
6 Die regverdige word oorlaai met seëninge. Die slegte bedoelings van goddelosessteek hulle weg agter woorde.
7 Dié wat reg lewe,sal lank onthou word. Hulle wat verkeerd gelewe het, sal gou vergeet word.
8 ’n Mens met verstand aanvaar bevele. Hulle wat onsin babbel, bereik niks.
9 Die een wat opreg lewe, lewe in veiligheid. Die een wat kronkelpaaie loop, kom tot ’n val.
10 Hy wat skelmstreke uitdink, veroorsaak moeilikheid. Hy wat aanhou onsin praat, kom self tot ’n val.