1 Die Here haat ’n skaal wat nie reg weeg nie. ’n Akkurate lesing dra sy goedkeuring weg.
2 Verwaandheid bring vernedering. Nederigheid bring wysheid.
3 Die opregtheid van eerlike mense wys vir hulle die koers. Die valsheidvan onbetroubare mense bring hulle ondergang.
4 Rykdom gaan niks help op die dag van oordeel nie. Om reg te lewe sal jou red van die dood.
5 Die gehoorsaamheid van die opregte maak sy pad gelyk. Die goddelose sal deur sy goddeloosheid inmekaarstort.
6 Die betroubaarheid van eerlike mense sal hulle red.Onbetroubare mense se eie gierigheid sal hulle inhaal.
7 ’n Slegte mens gaan dood saam met alles wat hy begeer het. Sy verwagtings was net op sy eie mag gebou.