1 Iemand wat bereid is om reggehelp te word, leer graag. Dit is dom as iemand hom nie wil laat teregwys nie.
2 Die Here hou van ’n mens wat goeddoen. Hy het nie tyd vir ’n slinkse mens nie.
3 Iemand wat verkeerd lewe, het nie vastigheid nie. Iemand wat regverdig lewe, is stewig geanker.
4 ’n Goeie vrou is haar man se trots. Een wat skande maak, is soos kanker in sy bene.
5 Die planne van die regverdiges is reg. Die raad van goddeloses is vol bedrog.