1 ’n Wyse seun laat sy pa toe om hom reg te help. Een wat met alles spot, steur hom nie eens aan dreigemente nie.
2 Wat ’n mens sê, kan goeie dinge vir jou bring. Hulle wat afvallig is, soek net na geweld.
3 Iemand wat op sy woorde let, bewaar sy lewe. ’n Eindelose gepraterykan alles ruïneer.
4 Luiaards begeer baie dinge, maar hulle kry dit nie. Mense wat hard werk, kry alles wat hulle begeer.
5 Regverdige mense haat leuens. Goddelose mense bring skade en skandeoor hulleself.
6 Geregtigheid bewaar dié wat onberispelik lewe. Goddeloosheidvernietig die sondaar.