19 Iemand wat loop en skinder, lap geheime uit. Bly weg van iemand wat alte maklik praat.
20 Wie sy pa en ma vervloek, se lewe eindig onverwags soos ’n lamp wat doodgaanin pikdonker.
21 Besittings oneerlik verkry, maak jou op die lang duur nie gelukkig nie.
22 Moenie sê: “Ek sal my wreek op die kwaad wat aan my gedoen is” nie. Wag eerder op die Here. Hy sal jou saak hanteer.
23 Die Here verafsku twee stelle maatstawwe. ’n Skaal wat nie reg weeg nie, aanvaar Hy nie.
24 Die Here bepaal ’n mens se lewe. Hoe kan ’n mens verstaan wat met hom moet gebeur?
25 Jy stel vir jouself ’n strik as jy ewe maklik iets aan die Here belowe en eers agterna besef wat jy belowe het.