3 Dit is eerbaarder om op te hou met ’n rusie; dis net dwase wat rusie soek.
4 ’n Luiaard ploeg nie wanneer dit saaityd is nie. Wanneer hy oestyd na iets soek, is daar niks om te oes nie.
5 Wat ’n mens dink, is onpeilbare diep waters, maar verstandiges sal voordeel daaruit trek.
6 Baie mense sal voorgee dat hulle lojale vriende is,maar waar is daar iemand wat regtig betroubaar is?
7 Hy wat opreg en eerlik leef, se kinders is baie gelukkig.
8 Wanneer die koning op sy troon sit om oor ’n saak te besluit, moet hy uitsorteer wat reg en wat verkeerd is.
9 Wie is daar wat kan sê: “Ek het my hart gesuiwer, ek het my gereinigvan al my sonde”?