1 Soek eerder na ’n goeie naam as na groot rykdom. Hoë aansien is beter as silwer of goud.
2 Vir mense, ryk en arm, is dit dieselfde: die Here het hulle almal gemaak.
3 Iemand wat verstandig is, sien wanneer die onheil kom en kruip weg. Die onervare mens loop oopoë daarin vas en boet daarvoor.
4 Iemand wat nederig is en respek het vir die Here, kry rykdom, eer en lewe.
5 Op ’n oneerlike mens se pad is daar dorings en lokvalle. Iemand wat omgee vir homself, bly ver daarvan weg.