4 Iemand wat nederig is en respek het vir die Here, kry rykdom, eer en lewe.
5 Op ’n oneerlike mens se pad is daar dorings en lokvalle. Iemand wat omgee vir homself, bly ver daarvan weg.
6 Leer ’n jongmens om die regte pad te kies, en wanneer hy eendag oud is, sal hy nie daarvan afwyk nie.
7 Soos rykes oor armes heers, so is die man wat geld leen die slaaf van die man by wie hy leen.
8 ’n Geweldenaar wat onreg saai, sal teëspoed oes. Ook sy verdrukking van ander sal tot ’n einde kom.
9 ’n Vrygewige man wat van sy kos vir armes gee, sal geseën word.
10 Jaag die spotter weg en saam met hom sal rusies padgee; die gestry en beledigings sal tot ’n einde kom.