6 Leer ’n jongmens om die regte pad te kies, en wanneer hy eendag oud is, sal hy nie daarvan afwyk nie.
7 Soos rykes oor armes heers, so is die man wat geld leen die slaaf van die man by wie hy leen.
8 ’n Geweldenaar wat onreg saai, sal teëspoed oes. Ook sy verdrukking van ander sal tot ’n einde kom.
9 ’n Vrygewige man wat van sy kos vir armes gee, sal geseën word.
10 Jaag die spotter weg en saam met hom sal rusies padgee; die gestry en beledigings sal tot ’n einde kom.
11 Wie graag opreg wil wees en mooi praat met ander, het selfs die koning as vriend.
12 Die Here hou kennis in stand. Hy keer die woorde van die onbetroubare mens om.